OUDTSHOORN NUUS - Hoërskool Oudtshoorn se jaarlikse borgefunksie het op 24 November in die Georgie-gebou plaasgevind. Gerrit Rudolph, skoolhoof van Hoërskool Oudtshoorn het in 'n kort bedankingstoespraak alle borge bedank vir hul bydra in 2022.
"Hoërskool Oudtshoorn wil elkeen opreg bedank vir die bereidwilligheid ten spyte van die moeilike ekonomiese omstandighede waarin ons vandag leef - dat u steeds u hand en u hart vir ons as Struisieland oopmaak en deur middel van 'n borgskap 'n bydra lewer."
"Sonder finansiering is dit nie vir ons moontlik nie. Struisieland salueer u vir u reusebydrae om hierdie tradisie en ons pragtige instansie te kan dien. Dankie dat u plaaslik ondersteun en help bou aan hierdie mooi dorp van ons," het Rudolph gesê.
As geskenk het elke borg 'n bottel wyn en 'n kaartjie met 'n 2023-sportsprogram ontvang om tuiswedstryde gratis by te woon.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'