Gallery Update
OUDTSHOORN NUUS - Struisies (Hoërskool Oudtshoorn) en Griffies (Laerskool Van Reede) se trompoppiespanne is Saterdag onderskeidelik as die SWD Champion of Champions by die De Jager-sportkompleks in die hoër-en laerskool-afdelings gekroon. Sowat 14 spanne het deurgedring na die SWD-kampioenskappe.
Hierdie spanne het vier junior primêr, vyf laerskool- en vyf hoërskoolspanne ingesluit.
Alhoewel Griffies en Struisies soos verlede weer dié kampioenskappe as oorweldigende gunstelinge begin het, het spanne soos Sacred Heart, Saturnus, De Rust, Colridge, Bridgton en Môrester verseker dat die wedywering tussen die spanne konstant hoog was.
Die bykans 3 000 ondersteuners wat opgedaag het was deurentyd getrakteer met energieke, kreatiewe en asemrowende vertonings. Tydens die oorhandiging seremonie van die trofeë, is daar ook afskeid van die gr. 7 en gr. 12-trompoppie-leerders geneem.
Die voorsitter van SWD-trompoppies, Johnny Bisschoff, het hierdie leerders tydens sy spreekbeurt bedank vir hul toewyding en tyd wat hulle opgeoffer oor die jare.
Laerskool van Reede was as die SWD-trompoppies se Champ of Champions in die laerskole-afdeling gekroon.
Beoordelaars wat ook hul SWD-kleure verwerf het is:
Deirdré Bisschoff; Roaul du Toit; Megan Presher; Ronald Presher; Sharon Trimm.
'n Leerder van Hoërskool Oudtshoorn in aksie.
Hoërskool Oudtshoorn was as die SWD-trompoppies se Champ of Champions in die hoërskool-afdeling gekroon.
Lees 'n vorige artikel: Struisies en van Rheede die kampioene
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'