Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Struisies (Hoërskool Oudtshoorn) en Griffies (Laerskool Van Reede) se trompoppiespanne is Saterdag onderskeidelik as die SWD Champion of Champions by die De Jager-sportkompleks in die hoër-en laerskool-afdelings gekroon.
Sowat 14 spanne het deurgedring na die SWD-kampioenskappe.
Hierdie spanne het vier junior primêr, vyf laerskool- en vyf hoërskoolspanne ingesluit. Alhoewel Griffies en Struisies soos verlede weer dié kampioenskappe as oorweldigende gunstelinge begin het, het spanne soos Sacred Heart, Saturnus, De Rust, Colridge, Bridgton en Môrester verseker dat die wedywering tussen die spanne konstant hoog was.
Die bykans 3 000 ondersteuners wat opgedaag het was deurentyd getrakteer met energieke, kreatiewe en asemrowende vertonings.
Tydens die oorhandiging seremonie van die trofeë, is daar ook afskeid van die gr. 7 en gr. 12-trompoppie-leerders geneem.
Die voorsitter van SWD-trompoppies, Johnny Bisschoff, het hierdie leerders tydens sy spreekbeurt bedank vir hul toewyding en tyd wat hulle opgeoffer oor die jare.
Bykans 3 000 ondersteuners het opgedaag.
Saterdag se uitslae is as volg:
Junior Primary Small Drill
- 1ste - Van Reede
- 2de - Saturnus
- 3de - De Rust
Primary Small Drill
- 1ste - Van Reede
- 2de - Sacred Heart
- 3de - Colridge
Primary Large Drill
- 1ste - Van Reede
- 2de - Sacred Heart
- 3de - Colridge
Primary Baton
- 1ste -Van Reede
- 2de - Sacred Heart
Primary Pom / Non Prop Group
- 1ste- Van Reede
- 2de -Sacred Heart
- 3de -Colridge
Primary Flag Group
- 1ste - Van Reede
- 2de - Sacred Heart
- 3de - Colridge
Primary Mace Group
- 1ste - Van Reede
- 2de - Sacred Heart
- 3de - Colridge
High Small Drill
- 1ste - Hoërskool Oudtshoorn
- 2de - Bridgton Senior Sekondêr
- 3de - Môrester
High Large Drill
- 1ste - Hoërskool Oudtshoorn
- 2de - Bridgton Senior Sekondêr
- 3de - Môrester
High Baton
- 1ste - Hoërskool Oudtshoorn
- 2de - Bridgton Senior Sekondêr
- 3de - Môrester
High Pom / Non Prop Group
- 1ste - Hoërskool Oudtshoorn
- 2de - Bridgton Senior Sekondêr
- 3de - Môrester
High Flag Group
- 1ste - Hoërskool Oudtshoorn
- 2de - Bridgton Senior Sekondêr
- 3de - Môrester
High Mace Group
- 1ste - Hoërskool Oudtshoorn
- 2de - Bridgton Senior Sekondêr
- 3de - Môrester
Laerskole Champ of Champs:
- 1ste - Van Reede
- 2de - Sacred Heart
- 3de - Colridge
Hoërskole Champ of Champs:
- 1ste - Hoërskool Oudtshoorn
- 2de - Bridgton Senior Sekondêr
- 3de - Môrester
Beoordelaars wat ook hul SWD-kleure verwerf het is:
- Deirdré Bisschoff
- Roaul du Toit
- Megan Presher
- Ronald Presher
- Sharon Trimm
Hierdie beoordelaars is ook gekies om om as beoordelaars op te tree as deel van die SA trompoppievereniging (SAMCA) se nasionale elite paneel.
Laerskool van Reede was as die SWD-trompoppies se Champ of Champions gekroon in die laerskole-afdeling.
Die spanne wat by die SAMCA nasionale kampioenskappe in Oos-Londen van 22 tot 29 Junie gaan deelneem in die elite-afdeling is:
- Laerskole: Van Reede en Sacred Heart
- Hoërskole: Hoërskool Oudtshoorn en Bridgton Senior Sekondêr
Voornemende trompoppie of cheerleading-spanne aangemoedig om die SWDMCA se kantore te kontak by tbothma@vanreede.co.za.
Persone wat as beamptes betrokke wil raak is ook welkom.
Lees 'n verwante artikels: Griffies en Struisies trompoppies presteer
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'