OUDTSHOORN NUUS - Hoërskool Oudtshoorn het onlangs na hul prestasie in 'n nasionale wiskunde olimpiade eerste op die top-10-ranglys vir uitmuntende wiskunde prestasie verskyn.
Die wiskunde olimpiade was vir gr. 8- en 9-leeders in skole van oor die hele land.
Struisies het 81,50% behaal.
Die nasionale gemiddeld was 59,34%. Ses van Struisies se leerders het 80% en meer in die olimpiade behaal.
Die leerders wat aan die olimpiade deelgeneem het is voor, van links: Kai Barry, Zoe Davids (95%) en Patricia Esterer. Agter: Dylan Dreyer, Zoe Meyer, Riaan Maartens (82%), Armand Offer (92%), Ben Greeff (87%), Lienke le Roux (82% ) en Alex Kister ( 80%).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'