OUDTSHOORN NUUS - Minché van der Westhuizen, 'n gr. 10-leerder van Hoërskool Oudtshoorn, is die wenner van die senior model-afdeling van die wêreldkampioenskappe vir uitvoerende kunste.
Sy is op 13 Julie in Los Angeles met dié gesogte toekenning bekroon. Sy is nie net as die wenner aangewys nie, maar het ook goue medaljes ontvang in die onderafdelings vir Showcase, Casualwear en Pageant. Die drie goue medaljes is aangevul met silwermedaljes vir Swimwear en Photogenic.
Suid-Afrika het vanjaar vir die 21ste keer aan die wêreldkampioenskappe vir uitvoerende kunste deelgeneem en Suid-Afrikaners het teen deelnemers van 50 ander lande meegeding.
Minché het saam met haar ouers, Koedoe en Marinda aan die einde van 2017 vanaf Upington na Calitzdorp verhuis waar hulle tans boer. Sy en haar ma het verlede week uit Amerika teruggekeer en is uiters dankbaar teenoor al die mense en instansies wat bygedra het tot haar groot prestasie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'