OUDTSHOORN NUUS - Verskeie leerders van Hoërskool Oudtshoorn het onlangs op sport en akademiese vlak uitgeblink.
Audan Olivier is gekies vir die o.18 Rebels Franchise-hokkiespan waar hulle vyfde in die toernooi geëindig het.
Edward Dalton is as Marquee-speler by die Heat Franchise behou. Hy speel tans vir die o.14-Heatspan en is een van twee spelers wat in die o.14 Heatspan behou is. Dalton is ook twee keer as speler van die wedstryd aangewys terwyl sy span algeheel derde in die toernooi geëindig het. Albei spelers ding mee in die Cape Town Hockey Premier League wat in die Julievakansie gehou is en oor vier dae gestrek het.
Edward Dalton
Patricia Esterer is op haar beurt vir die SA Interpro o.19-tennisspan gekies.
Patricia Esterer
Sarah-Jane Lewis het ‘n goue medalje by die SA Elite kampioenskappe vir karate verwerf. Sy is genooi na die UFAK toernooi in Egipte waar sy SA in die Cadet – 45kg afdeling sal verteenwoordig.
Sarah-Jane Lewis
In swem het Ninke Griffioen en Jada Coetzee verskeie medaljes (goud, silwer- en bronsmedaljes) op nasionale vlak (2) gewen.
Ninke Griffioen en Jada Coetzee.
Op akademiese vlak het Lienke le Roux 'n algehele 9de plek by die SA Nasionale Taalbondeksamen vir seniors behaal. Zenobia Kemoetie het in die Nasionale Engelse Taal Olimpiade 'n 19de plek verwerf.
Dannelle Titus het die algehele 16de posisie in drama tydens die nasionale kompetisie behaal.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'