OPVOLG | 8 APRIL @ 18:00 - NADAT ELTON PLAATJIES MET DIE OUDTSHOORN COURANT IN KONTAK WAS HET HY DIE VOLGENDE VERSKONING AANGEBIED TEN OP SIGTE VAN SY PLASING: "Can you please also apologise to the family of the George Mediclinic patient on my part? Just to clarify that nobody from a newspaper informed me that the news was indeed incorrect. I was informed by a News channel colleague the following day (Saturday) after she called spokesperson Premier Winde to clarify the news. I made the assumption based on the George crematorium Facebook page (which I saw as a credible source). I then wrongly made the assumption that the person was from the George Mediclinc (who was at that time the only ICU patient in the Garden Route). I have since deleted the post. I will in due course also apologise on my Facebook account. To the family and the people of Oudshoorn."
OUDTSHOORN NUUS - Ten minste twee voorvalle van fopnuus wat verband hou met Covid-19, word deur die polisie ondersoek en in een van die gevalle is die persoon reeds in hegtenis geneem.
Die opspraakwekkende video van ‘n man wat mense waarsku teen Covid-toetsing omdat dit glo lewensgevaarlik is, het hom in polisie aanhouding laat beland.
Die Oudtshoorn Courant, en media regoor die land, het reeds oor die man se video berig en die polisie se woordvoerder, brig Mathapelo Peters het aan die media bevestig dat die man Maandag gearresteer is.
Plaaslik ondersoek die polisie ook ten minste een voorval waar daar na bewering Vrydagaand valslik op Facebook beweer is dat ‘n Covid-19-slagoffer van Oudtshoorn in George oorlede is. Niemand is in verband hiermee in hegtenis geneem nie, maar die plasing is aanvanklik deur 'n Elton Plaatjies gemaak. Daar kon nie toegang tot Plaatjies se Facebook-profiel verkry word nie, maar sy plasing is op die Facebookgroep Pacaltsdorpers Staan Saam deur Joseph Fortuin gedeel.
‘n Dossier is geopen in ooreenstemming met die regulasies wat op 25 Maart in die staatskoerant gepubliseer is onder die rampbestuurswet 57/2002.
Hierdie optrede deur die polisie behoort ‘n ernstige waarskuwing aan mense te rig dat dit teen die wet is om enige vals inligting oor Covid-19 te plaas of te versprei. Selfs mense wat aandadig is aan die deel van sulke vals inligting kan vervolg word.
Nog ‘n Facekookgebruiker, Stamhoof Brendon Torob Adams, het Vrydagaand ‘n boodskap geplaas dat die eerste Covid-19-sterfte in die Suid-Kaap plaasgevind het. Volgens die kantoor van Alan Winde, Wes-Kaaspse premier, was daar nog geen Covid-19-sterfte in die Suid-Kaap nie.
Die Oudtshoorn Courant het Saterdag vir Fortuin en Adams Facebook-boodskappe gestuur om vir hulle te vra om die inligting in die plasings te bevestig aangesien dit volgens die koerant se inligting nie korrek was nie. Hulle het nie op die boodskappe reageer nie. Daar is ook probeer om met Plaatjies kontak te maak, maar sy Facebook-profiel was nie toeganklik nie.
Een van die Facebookplasings wat daartoe gelei het dat ‘n klag by die polisie ingedien is.
'n Tweede Facebookplasing wat daartoe gelei het dat ‘n klag by die polisie ingedien is.
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'