OUDTSHOORN NUUS - Die bestuurders van Shoprite en Checkers in Oudtshoorn het vanoggend bevestig dat stakende werkers nie die winkels se besigheidsure beinvloed nie.
'n Groot groep werkers het vanoggend buite Shoprite byeen gekom en geweier om te werk aangesien hulle unie besig is met onderhandelinge oor werksure en vervoer.
Volgens 'n woordvoerder van die groep dring hulle daarop aan dat die maatskappy veilige vervoer moet verskaf aan mense wat saans tot agtuur werk.
Hulle is ook ongelukkig oor gerugte dat werksure van ongeveer 36 uur per week glo na 24 uur ingekort gaan word.
'n Kleiner groepie werknemers het buite Checkers vergader.
Volgens die bestuurders van beide winkels sal die winkels normaalweg oop wees, maar kliënte word gevra om geduldig te wees aangesien die werkerskorps vandag kleiner is.
Die groep stakende werkers by Shoprite.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'