OUDTSHOORN NUUS - Ongeveer 100 skape en beeste van die Bongolethu Small Farmers Association is onlangs deur die staatsveearts gedip.
Albert Nokole, voorsitter van die nuutgestigte boerevereniging, sê hierdie tipe inisiatiewe help hulle as kleinboere baie.
"Die vereniging is juis gestig met die doel om jong, opkomende boere in die omgewing te help. Ons volgende projek is om die diere vir tuberkulose te toets."
Nokole sê die kleinboere bedank almal wat tot dusver gehelp het om van die boerderye 'n sukses te maak.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'