OUDTSHOORN NUUS - Die Wes-Kaapse minister van kultuursake en sport, Anroux Marais, en verskeie hooggeplaastes van haar departement, Oudtshoorn-munisipaliteit en die Eden Distrik Sportakademie (EDSA) het Dinsdag by die De Jager-sportkompleks vergader om 'n memorandum van verstandhouding te onderteken.
Die details van die memorandum behels onder meer 'n werkooreenkoms tussen die drie entiteite om sodoende sportontwikkeling en -uitnemendheid in die Oudtshoorn-distrik te verseker.
Volgens dr. Lyndon Bouah (EDSA) sal dié ooreenkoms na drie jaar hersien word.
Chad Louw, nuutverkose burgemeester, het in sy toespraak beklemtoon dat samewerking van alle sportliggame noodsaaklik is sodat Oudtshoorn op sy status as een van die beste sportdistrikte kan voortbou.
Minister Anroux Marias (DCAS) het Louw se opmerking beaam en gesê dat sport voetspore oral het. "Sport gaan nie net daaroor om die hoogste kruin te bereik nie, maar ook om dissipline by 'n kind te kweek wat deel uitmaak van gesonde natuurlike ontwikkeling in 'n kind se lewe."
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'