OUDTSHOORN NUUS - Die liefdadigheidsorganisasie, Sport Buddy, hou Woensdag 16 Desember 'n geborgde gholfdag by die Oudtshoorn-gholfklub ten bate van sy gemeenskapsprojekte.
Die gholfdag sal in die individuele stableford-formaat beslis word met groot vleispryse wat op die spel is.
Streng Covid-19-regulasies sal toegepas word.
Skakel 084 025 6698 vir meer inligting.
Sport Buddy was die afgelope jaar ook betrokke by die gemeenskap in terme van voedselhulp, sowel as Kersfees-projekte wat drie weke gelede van stapel gestuur is.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'