Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Eljada Nasorg-sentrum vir volwasse persone met gestremdhede hou elke jaar 'n Kerspartytjie vir inwoners om die jaar af te sluit.
Die jaar het personeel die inwoners spesiaal bederf en hulle na The Grill vir 'n ete geneem.
Volgens Marilyn le Roux, senior huismoeder van die sentrum, het die pandemie die inwoners baie erg geraak omdat hulle meeste van die tyd nie kon uitgaan nie en ook nie besoekers ontvang nie.
FOTOGALERY: Kerspartytjie vir Eljada inwoners
"Die jaar het ons besluit om die Kerspartytjie op 'n ander plek te hou om die inwoners die geleentheid te gee om weer 'n bietjie uit te kom."
Sy het elke inwoner vir hul samewerking sedert die pandemie bedank. Die inwoners was weer op hul mooiste aangetrek en het die geleentheid vreeslik baie geniet.
Foto: Liezl van Niekerk
Foto: Liezl van Niekerk
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'