OUDTSHOORN NUUS - Weens die aangepaste vlak-4-inperkings wat aangekondig is, het alle skole reeds gister vir leerders gesluit en sluit môre vir onderwysers.
Die skoolvakansie is ook verkort en staatskole open weer op 19 Julie.
Die skielike sluiting van skole laat egter talle vrae oor toetsreekse en eksamens wat aan die gang was en wat dit vir graad 11 en matriekleerders beteken.
Volgens 'n verklaring deur H.A. Lewis, waarnemende hoof van onderwys by die WKOD, sal daar op 'n latere stadium besluit word of primêre skole en spesiale skole weer op 100% kapasiteit sal oopmaak. Asseserings en take wat vir na 30 Junie beplan was, sal vir die derde kwartaal geherskeduleer word.
"Ons beoog om die skole op 19 Julie oop te maak, maar skole is gevra om werk vir die leerders te gee om by die huis te voltooi ingeval skole later oopmaak. Dieselfde ondersteuningsnetwerke wat tydens die 2020-inperkings gebruik word, Quality learning @home, kan ook gebruik word."
Die WKOD kan by https://wcedonline.westerncape.gov.za/online-helperesources besoek word om toegang tot dié program te kry
Skole se voedingsprogramme moet ook steeds aangaan om te veseker dat leerders van skole wat deel is van die voedingsprogram steeds kos kry. Leerders kan na die skool naaste aan hulle gaan vir kos.
Die Mei/Junie NSS-aanvullende eksamen van die matrieks wat vakke moet oorskryf sal voltooi word en sekere skole in streke is aangewys as eksamenlokale. Winterskole vir Graad 11- en 12-leerders wat deur ervare onderwysers aangebied word gaan ook voort.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'