Video
OUDTSHOORN NUUS & VIDEO - Die agterste gedeelte van 'n tenkwa wat teer vervoer, het vanmiddag net voor 16:00 sowat 16 km buite Oudtshoorn losgekom en omgeslaan.
Die ongeluk was tussen Oudtshoorn en Dysselsdorp.
Die gedeelte wat gerol het weeg ongeveer 11 ton.
Die voorste gedeelte van die tenkwa het niks oorgekom nie en dit is onbekend hoe die deel losgekom het.
Daar was gelukkig geen aankomende voertuie toe die sleepwa oor die pad geswaai en deur die veld geploeg het nie.
'n Insleepvoertuig is uit Beaufort-Wes ontbied om die sleepwa te herwin en na Mosselbaai te neem.
Kyk 'n video hieronder.
VIDEO: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT-REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'