Breaking News
OUDTSHOORN NUUSFLITS - Mornay Thysse, bekende brandweerman en slangvanger van Oudtshoorn, is oomblikke gelede op die toneel vir 'n rugbesering behandel na hy in Voortrekkerweg in 'n ongeluk betrokke was.
Volgens hom was hy na Hoërskool Oudtshoorn onderweg om 'n slang te gaan vang.
"Ek het my flikkerlig aangesit om aan te dui dat ek links gaan draai.
"Ek het spoed verminder en toe ry die bestuurskooltrokkie volspoed agter in my vas."
Die brandweer-voertuig het byna geen skade nie.
Die Oudtshoorn-brandweer het ander personeel gestuur om die slang op die skoolterrein te vang.
Die brandweer-voertuig het byna geen skade nie.
ARTIKEL & FOTO'S: LIEZL VAN NIEKERK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'