LAINGSBURG NUUS - Tydens 'n herbekendstellingsgeleentheid wat op 6 Januarie by die Laingsburg-polisiestasie plaasgevind het, het Wes-Kaap-polisie die stryd teen geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord met die herbekendstelling van die slagofferkamer verskerp.
Volgens sers. Chris Spies, Suid-Kaap polisiewoordvoerder sal die slagofferkamer 'n diens aan slagoffers van misdaad lewer deur hulle te bemagtig met emosionele en praktiese ondersteuning, inligting sal gedeel word en slagoffers sal na professionele ondersteuningsdienste verwys word.
"Die herbekendstelling van die kamer is in vennootskap met die organisasie, Business Against Crime (BAC) moontlik gemaak nadat die kamer ten volle opgeknap is," vertel Spies. Mnr. Shaun Koen, BAC-verteenwoordiger, het die belangrikheid van die vennootskap met die polisie beklemtoon om te verseker dat al die polisiestasies toegerus is met alles wat 'n slagoffer van misdaad nodig het.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant en aanlyn
'Ons bring jou die nuutste Laingsburg, Klein Karoo nuus'