OUDTSHOORN NUUS - Kwaaddoeners het gisteraand by die munisipale skut probeer inbreek deur bo-oor een van die heinings te klim.
Volgens Colleen Smith, voorsitter van Oudtshoorn Dogs in Need, het drie honde moontlik een van die kwaaddoeners gebyt.
"Sproetjies, een van ons honde, moes agter hulle aangehardloop het en is weg. Ons vra die gemeenskap om asseblief hul oë oop te hou vir Sproetjies."
Enigiemand met inligting kan Smith by 072 084 1374 skakel.
Sover vasgestel kan word is niks by die skut beskadig of gesteel nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'