OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn Courant nooi inwoners om hul opinies oor gebeure in die dorp te deel deur briewe aan die koerant te skryf. Soos enigiets in die lewe is daar egter reëls aan verbonde.
Geen briewe met lasterlike inhoud, vuil taal of rassistiese aanmerkings sal geplaas word nie.
Slegs briewe wat per e-pos gestuur word sal aanvaar word.
Hoewel briewe anoniem geplaas kan word, vra ons vir administratiewe doeleindes dat die skrywer se naam, van en kontakbesonderhede by die brief geplaas word.
Geen politiekery of aanhitsing van enige soort sal geplaas word nie.
Om briewe in Oudtshoorn Courant te plaas, stuur gerus 'n e-pos na liezl@groupeditors.co.za
Redakteur,
Liezl van Niekerk
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’