OUDTSHOORN NUUS - Langenhoven Gimnasium se twee top-ontwerpleerders sowel as die skool se biblioteek het elk 'n kopie van Rika Venter se pragboek oor Suid-Afrikaanse kunstenaars ontvang.
Venter, 'n kunskurator met jare ervaring in die kunswêreld, het die boek, Grondleggers van Suid-Afrikaanse Kuns onlangs voltooi.
Sy het verlede week kopieë van die boek aan Inge Johnston (gr. 12), Anna-Mart Schutte (gr. 11) en die skoolhoof, Stephanus Potgieter, oorhandig.
'Ons bring jou die nuuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'