Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Werknemers van Bolton Footwear in Oudtshoorn het vanoggend, Maandag 9 Julie, 'n vreedsame plakkaatoptrede gehou.
Dit vorm deel uit van protesoptrede van 600 werknemers van Bolton Footwear in die Suid-Kaap.
Volgens die president van die National Union of Leather and Allied Workers, Frank Williams, eis hulle ‘n 9%-loonverhoging, terwyl Bolton Footwear 6,2% aanbied.
Met die Oudtshoorn Courant se besoek tydens die protesoptrede vanoggend, was alles vreedsaam.
Williams het gesê hulle is in onderhandelinge met Bolton Footwear oor die salarisverhogings. “Die verloop van die onderhandelinge sal bepaal tot watter mate die werknemers aan protesaksie sal deelneem."
Oudtshoorn se Bolton Footwear-produksiebestuurder, Wayne Wilson het media-navrae na Lana Valentine, die menslike huplbronbestuurder in Groot-Brakrivier verwys.
Valentine wou nie kommentaar lewer nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'