OUDTSHOORN NUUS - Ten spyte van die algehele inperkings is daar steeds 'n groepie Oudtshoorniete wat probeer om die persone wat die meeste hierdeur geraak word by te staan.
Rodney Gelant, van Oudtshoorn Top Model Academy, en sy span deel sedert die begin van die inperking kospakkies uit aan mense wat dit die meeste benodig.
Hy en sy span het reeds ongeveer 80 pakkies aan mense oorhandig en beplan ook om die klinieke in die Oudtshoorn-streek te besoek en daar aan persone uit te deel.
"Ons fokus op ouer persone, persone met gestremdhede en huishoudings waar sieklike mense woon en persone wat werklik nie in die stadium by 'n winkel kan uitkom nie. Die skenkings is tot dusver ongelooflik. Daar is so baie mense wat bereid is om te help en ons doen alles in ons vermoë om soveel as moontlik mense in hierdie tyd by te staan. Ek wil ook net aan my span en die polisie baie dankie sê. Sonder julle sou dit nie moontlik gewees het nie."
Volgens Gelant probeer hulle die skenkings op 'n veilige manier oorhandig en werk hulle ook met polisiebeamptes en spesifieke persone in die gemeenskap om die pakkies uit te deel.
Ronel Booysen, Rodney Gelant en Salomé Plaatjies.
Die pakkies bevat meel, seep, mieliemeel, sopmengsel, gis, toiletpapier en soya mince. Indien enigiemand wil help kan hulle Gelant by 079 617 8511 kontak.
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'