Breaking News Gallery
OUDTSHOORN NUUSFLITS - 'n Polisiebeampte het, net voor 15:00 (25 Oktober), 'n skelm wat 'n byl uit Checkers uit gesteel het in Hoogstraat vasgetrek.
Net na die boef die byl gesteel het, het hy laat spaander en sekerheidswagte het agter hom agterna gesit.
Die boef het 'n vrou wat by een van die klerewinkels werk in haar maag geslaan toe sy gepoog het om hom te vang.
Die polisieman, sersant Raymondo Booysen, het van Shoprite af agter die man aan gehardloop en hom gevang voor hy die stegie na die taxi-staanplek kon bereik.
Die boef het homself teegesit en van die straatkinders het oproerig geraak omdat die sersant die man wou wegneem.
Die byl is deur 'n sekerheidsbeampte afgevat en die boef is teruggeneem na Checkers toe waar hy deur ander polisiebeamtes met 'n vangwa weggeneem is.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
ARTIKEL EN FOTO'S: LIEZL VAN NIEKERK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'