OUDTSHOORN NUUS - Dit gebeur al hoe meer dat die publiek senior polisieoffisiere en -lede skakel as hulle die polisie benodig.
Kaptein Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, sê hulle versoek die publiek om die polisiestasie te skakel as hulle klagtes het.
“Belangrike inligting raak verlore en dit neem soms langer om te reageer op klagtes. Klagtes word ook op rekord geplaas en dit bemoeilik ook die proses.”
Moenie die 10111 nommer van die selfoon af skakel nie. Volgens Visser is dit nie gratis nie en kom die oproep by verkeerde polisiestasie uit.
Gebruik eerder 112 indien daar van ‘n selfoon af gebel word.
Die nommers van die polisiestasies en ook ander selfoonnommers wat die publiek kan gebruik is as volg:
- Radiokamer: 044 203 9022, 044 203 9090 en 044 2039089 (Vir die rapportering van klagtes, noodsituasies en gevalle waar ‘n voertuig uitgestuur moet word.)
- Bridgton-polisiestasie: 044 274 4413 (Gemeenskapsdienssentrum)
- Speurder-kantore: 044 274 4400
- Bongolethu-polisiestasie: 044 274 4800 (Gemeenskapsdienssentrum)
- Oudtshoorn-polisiestasie: 044 203 9041 (Gemeenskapsdienssentrum)
Die volgende nommers is selfone wat op die patrollie voertuie gebruik word in spesifieke gebiede:
- Sektor 1 Bongolethu, Toekomsrus en Sektor 2 Bridgton: 082 522 1928
- Sektor 3 Dorp ( Allle gebiede, Bongulethu en Bridgton uitgesluit): 082 522 3226
- Sektor 4 Plase (Alle gebiede buite die dorp): 082 379 1707
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'