KLEIN KAROO NUUS - Die landwye siftings- en toetsingsinisiatief van die regering om Covid-19 te bekamp het verlede week ook in Oudtshoorn begin. Die proses behels dat gesondheidswerkers huise in gemeenskappe besoek en deur middel van vrae bepaal of enigiemand simptome van Covid-19 het of risikogevalle is.
Dele van Bridgton, Dysselsdorp en De Rust is verlede week besoek en die proses het hierdie week voortgegaan. Die munisipaliteit het 'n rooster verskaf van watter areas op watter dae besoek sal word.
Maandag en Dinsdag het dele soos GG-Kamp, Bongolethu en nog areas in Dysselsdorp en De Rust aan die beurt gekom. Die sifting duur tot Vrydag. Volgens Ntobeko Mangqwengqwe, kommunikasiebeampte van Oudtshoorn-munisipaliteit is van 11 tot 14 Mei 4 638 mense besoek en vyf is verwys vir toetsing.
Volgens Nadia Ferreira, woordvoerder van die departement van gesondheid in die Suid-Kaap, is 60 076 mense in die Tuinroete en Klein-Karoo teen Maandag 18 Mei aan sifting onderwerp waarvan 336 vir toetsing verwys is.
Die getal Covid-19-gevalle in die gebied was teen Maandag 99 waarvan vyf in Oudtshoorn en een in Ladismith is.
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
'Ons bring jou die nuutste Klein Karoo nuus'