OUDTSHOORN NUUS - Die 2018 Cansa Shavathon vind Saterdag 3 Maart by die Checkers winkelsentrum plaas.
Cansa-personeel en vrywilligers sal van 08:00 tot 13:00 by Checkers se ingang langs die parkeerarea wees as deel van die Shavathon.
Volwassenes en kinders kan in die pret deel deur hulle hare te laat sny of kleur teen R50 per volwassene en R25 vir kinders onder twaalf.
Vir meer inligting kan Cansa Oudtshoorn se kantore by 044 272 2724 gekontak word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'