OUDTSHOORN NUUS - Shantey Coetzee (12), 'n leerder van Saturnus Primêr, het by hul prysuitdeling agt diplomas, ses bekers en agt medaljes ontvang.
Sy is tans die hoofdogter van die skool. Sy het vir Afrikaans 74% gekry waarvoor sy 'n medalje en 'n akademietrofee vir beste leerder in Afrikaans ontvang het.
Vir Engels het sy 81.0% en ook hier het sy 'n medalje en akademietrofee vir beste leerder in Engels ontvang het.
Vir wiskunde het sy 83.0% en ontvang weereens die medalje en akademiesetrofee.
In natuurwetenskap staan sy tweede met 80.3% en tegnologie derde met 79.3%. Sy staan ook eerste in lewensvaardigheid (75%) en sosiale wetenskap (94.0%) waarvoor sy ook medaljes en akademiese trofeë gekry het. Sy ontvang ook die toekenning vir algehele beste prestasie in graad 7.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'