• mondelinge oorvertelling van kultuurge-skiedenis en gebruike;
• optekening (memory mapping) van geskie-denis in die geografiese gebied van die Suidwes-Kaap en gebiede in die Sentraal-Karoo; en
• argivering van dokumente.
Navorsing sal gedoen word in samewerking met die Nasionale Departement van Wetenskap en Tegnologie, Provinsiale Museumdienste, Nasionale Khoisan Raad, en die Khoi-Kultuur-en-Erfenis-ontwikkelingsraad (KCHDC).
Die sentrum se direksie bestaan uit Poem Mooney, stamhoof van die Attakwa-huis, ondervoorsitter van die KCHDC en voorsitter van die Suid-Kaap Khoi Raad wat die stamme in die Suid-Kaap by die Nasionale Khoi Raad verteenwoordig; Peter Stuurman, senior hoofman in die Attakwa-huis, en Jeremy van Wyk, stamhoof van die Outenikwa.
Die sentrum is oop vir opvoeders wat hul beter wil toerus vir die aanbieding van inheemse geskiedenis soos in die sosiale wetenskap-kurrikulum vervat, en vir leerders vir die aanbieding van werkswinkels in plaaslike geskiedenis en natuuruitstappies met 'n Khoi-kultuur en historiese tema van
• Rotskuns en Khoi kulturele spiritualiteit
• Sosiale samehorigheid
• Suid-Afrikaanse kulturele diversiteit en goeie burgerskap.
Kontak Jeremy van Wyk by 073 240 7898 of dao.potskerf@gmail.com vir meer inligting.