OUDTSHOORN NUUS - Twee mans van Bridgton wat twee vriende met ‘n mes en skêr gedreig en van hul selfone beroof het, is Maandag in die streekhof elk tien jaar tronkstraf opgelê.
Hogan Pêrel (23) en Burswell Stanley (23) is elk op twee aanklagte van roof met verswarende omstandighede skuldig bevind.
Hulle het die oggend van 20 Augustus 2017 vir Marcello Prins en Nigel Jaftha van drie selfone beroof.
Die twee klaers was van 'n taverne in Bongolethu op pad huis toe, toe hulle deur die twee beskuldigdes en nog ’n verdagte wat nie voor die hof gebring is nie, voorgekeer en beroof.
Albei het die beskuldigdes geken en die voorval het onder straatligte plaasgevind.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'