OUDTSHOORN NUUS - Sektor 3 in Oudtshoorn, wat die middedorp, Wesbank, Oudtshoorn-Suid en Oudtshoorn-Noord insluit, het onlangs twee nuwe sektorbevelvoerders gekry.
Volgens kaptein Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, is Sers. Juanita Jackson en ao. Pieter Du Plessis se doel om die gemeenskap in die sektor te mobiliseer en te organiseer sodat almal kan saamstaan teen misdaad en om as skakel tussen die gemeenskap van die sektor en die plaaslike polisiestasie te dien.
“Dit behels die aanvaarding van verantwoordelikheid vir alle planne en projekte wat misdaad in die sektor aanspreek. Dit is dus nie die lede se taak om algemene klagtes by te woon nie maar eerder om bande te bou met die gemeenskap en langdurige probleme wat in die toekoms tot die styging van misdaad kan lei, op te los. Hulle is ook nou betrokke by die WhatsApp-groepe en buurtwagte wat in die gebied werksaam is.”
Die lede se kontak besonderhede is 044 203 9040 of 082 821 1027.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'