Update
OUDTSHOORN NUUS - Die sekerheidswag wat gister by Ostrich Emporium dood is, se dood was as gevolg van natuurlike oorsake en nie as gevolg van 'n elektriese skok nie.
Die oorledene se vrou, Ingrid van der Walt, het pas laat weet dat Tjaart se dood deur 'n groot bloedklont deur die hart veroorsaak is. Hy was 46 jaar oud.
'n Nadoodse ondersoek wat vandag gedoen is, het dit bepaal.
Hy was besig om 'n heining te herstel toe hy beswyk het en het toe op die elektriese drade geval.
Volgens sy werkgewer is die kragtoevoer na die drade onmiddelik afgesny toe die drade aan mekaar raak en was daar dus nie 'n elektriese skok nie.
Speurders by die liggaam van die oorledene.
Lees 'n vorige artikel: Sekerheidswag doodgeskok
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'