OUDTSHOORN NUUS - Seeff Oudtshoorn doen tans 'n winterprojek waarmee hulle pakkies insamel vir behoeftige mammas en babas.
Volgens Jan Verlinde van Seeff word die projek in samewerking met die Oudtshoorn-hospitaal gedoen.
"Ons samel verskeie produkte vir mammas en babas in en die personeel van die Oudtshoorn-hospitaal sorg dat dit by die persone wat dit regtig nodig het uitkom."
Volgens Verlinde word enige produkte wat 'n mamma wat geboorte gegee het en babaprodukte vir pasgeborenes tot en met drie maand oud benodig.
"Dit is byvoorbeeld klere, komberse, sagte speelgoed, toiletware vir mamma en die baba, doekies vir die mamma, wet wipes, bottels en enigiets anders wat vir babas en mammas benodig kan word."
Verlinde sê enigiemand wat 'n skenking wil maak kan dit by Seeff se kantore by Baron van Reedestraat 117 afgee of 044 272 0213 skakel.
Foto's verskaf
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'