OUDTSHOORN NUUS - Die St. Luigi Scrosoppi-sorgsentrum in Bridgton het die afgelope naweek hul jaarlikse Herfstee gehad.
Dit is 'n jaarlikse geldinsamelingsprojek wat hulle vir hul voedingsprojek doen.
164 kaartjies is vir die spesiale geleentheid verkoop.
Scrosoppi bedank die borge Klein Karoo Melkery, Penny Pinchers, Badenhorst Slaghuis, die gasvroue van die dag, die kunstenaars wat opgetree sowel as die gassprekers vir hul betrokkenheid tot die sukses van die projek.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'