Vroue verbonde aan die Oudtshoorn-polisie is Donderdag 10 Augustus met handgeskrewe boodskappies van leerders van Saturnus Primêr verras.
Die vroue het as deel van Vrouemaand-vie-ringe by die Oudtshoorn Inn gaan eet. Tyron Andries (hoofseun) en Shanté Coetzee (hoofmeisie) en nog leerders het die boodskappies aan elke vrou oorhandig.
Voor die oorhandiging het Andries en Coetzee elk 'n spreekbeurt gekry, waar hulle die Oudts-hoorn-polisie se bevelvoerder, brig. Levona Januari en haar kollegas bedank het vir hul onbaatsugtige diens.
Andries het in sy boodskap gesê: "Ek wil namens Saturnus Primêr en die gemeenskap dankie sê vir die harde werk wat u aan Oudts-hoorn lewer. Miskien is baie van julle moeders. Ek kan nie dink hoe u as ouer dit kan hou nie, want as u kinders by u as ouer 'n stukkie brood vra sal u nie vir hulle 'n klip gee nie.
Coetzee het gesê: "Ek as hoofdogter van Sa-turnus Primêr, wil graag vir al die vroue in hierdie gebou 'n gelukkige Vrouedag toewens. Ek wil vir u baie dankie sê vir die moederfiguur wat u toon in ons gemeenskap. Sonder u hulp sou Oudts-hoorn nie vandag gewees het soos dit is nie.
"Julle as SAPD help ons altyd in tye van nood. Daarvoor is ek baie dankbaar u het almal harte van goud en dit straal uit."
Motiveringsprekers het oor gesondheid en leefstyl gepraat.
Saturnus Primêr-leerders en polisievroue by brigadier Levona Januari.
ARTIKEL & FOTO: CHRISTO VERMAAK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Karoo nuus'