OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn Polisie is tans besig om reserviste werf te aanvulling van misdaadbekamping en –voorkoming. Reserviste word deur lede van die SAPD opgelei en verrrig dan vrywillige diens om misdaad in hulle gemeenskap te bekamp.
Persone tussen die ouderdom van 25 en 40 kan aansoek doem om as reservis opgelei te word.
Die vereistes vir aansoekers is as volg:
- SA burgerskap
- Geestelik, fisies en medies geskik
- ‘n Vaste werk
- In besit van ‘n seniorsertifikaat (matriek)
- Geen misdaadrekord
Die volledige vereistes en aansoekvorms is by Grieta Nel in kamer 103 op die eerstevloer van die polisiestasie beskikbaar. Skakel haar by 044 203 9043 vir enige navrae.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'