OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn polisie is op soek na ‘n klaer in ‘n saak.
Hulle vra dat Jo-Jene Apollis voorheen van E blok 21, Riemvasmaak/Rose Valley met ao Franco Bestbier in verbinding sal tree.
Volgens die polisie was dit ‘n tydelike hut wat nie meer bestaan nie en die saak kan nie sonder die klaer voortgaan nie.
Apollis of enigiemand wat weet waar die persoon is kan ao Bestbier by 044 203 7500 of 082 522 1069 kontak. Hulle is ook welkom om hom persoonlik by sy kantoor te sien, te Jacobson straat by die eenheid vir gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe .
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'