OUDTSHOORN NUUS - Anuchka Henning van Oudtshoorn is op 7 Desember aangewys as die wenner van die Garden Route Underdog-sangkompetisie.
Sy was een van 13 semifinaliste wat na die tweede uitdunronde deurgedring het.
Ses finaliste is aangewys wat elkeen by Reed Valley op Mosselbaai 'n finale liedjie voor die toeskouers en beoordelaars moes sing. Die wenners is daarna aangewys.
Anuchka het verlede jaar derde geëindig. Vanjaar se tweede plek is aan Tallulah Janson van Albertinia ingeneem met Monique Lingenvelder van George in die derde plek.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'