Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Die eienaar van Camp Roadhouse, Jaco Vorster, is minute gelede deur drie gewapende mans van sy motor en 'n groot bedrag geld beroof.
Die voorval het reg voor die winkel in Van der Rietstraat gebeur.
Die verdagtes het met Vorster se Mercedes gevlug. Die voorval het om 11:45 gebeur en dit blyk dat die mans in die rigting van Schoemanshoek gevlug het.
Vorster is geskok maar ongedeerd.
Enige persoon wat die motor opmerk word gevra om onmiddelik die polisie te kontak.
'n Deel van Van der Rietstraat word tydelik gesluit totdat die ondersoek afgehandel is.
Die polisie is op die toneel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'