OUDTSHOORN NUUS - Sacred Heart Primêr het verlede Woensdagaand hul Junior Mnr. en Mej. Eeufees, en Donderdagaand hul Senior Mnr. en Mej. Eeufees aangewys.
Hierdie geleentheid vorm deel van die eeufeesvierings wat tot en met 23 Julie plaasvind wanneer die gróót dag aanbreek.
Leerders is deur hulle vriende, ouers en familie ondersteun en het hulle beste voetjie voorgesit vir dié titel wat eers weer oor 'n 100 jaar op die spel gaan wees.
Die beoordelaars wat die moeilike taak gehad het om tussen al die deelnemers te kies was, Emrick Ayford, Paunielle Rhodes en Sherelle Joubert.
Senior Mnr. en Mej. Eeufees-wenners:
Edwilene Lewis - Senior Mej. Sacred Heart Eeufees
Vetoniah Campher - Eerste Prinses
Roderika January - Tweede Prinses
Aurban Lewis - Senior Mnr. Sacred Heart Eeufees
Marcellino Mei - Eerste Prins
Mark Anthony - Tweede Prins
Leila Zana - Mej. Fotogenies
Quran Kiewiets - Mnr. Fotogenies
Brioney Tarentaal - Mej. Persoonlikheid
Chanlon Cupido - Mnr. Persoonlikheid
Junior Mnr. en Mej. Eeufees-wenners:
Frejoynique Wildeman - Junior Mej. Sacred Heart Eeufees
Azariah Wagenaar - Eerste Prinses
Saskia Prins - Tweede Prinses
Zavior Zion Newman - Junior Mnr. Sacred Heart Eeufees
Haylin Leonards - Eerste Prins
Mickyle Pote - Tweede Prins
Mickayla Pote - Mej. Fotogenies
Achumile Claassen - Mnr. Fotogenies
Chloe Nel - Mej. Persoonlikheid
Jowahl Oktober - Mnr. Persoonlikheid
Die seniors het Donderdag 9 Maart vir die titel Senior Mnr. en Mej. Eeufees meegeding. Foto: Sonia Wahl
Die juniors het Woensdag 8 Maart vir die titel Junior Mnr. en Mej. Eeufees meegeding. Foto verskaf
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’