OUDTSHOORN NUUS - Sacred Heart Primêr se gr. 7, of st. 5-klas, soos dit destyds bekend gestaan het, het onlangs hul reünie by hul alma mater gehou.
Een van die organiseerders, Arnelda Stalmeester, vertel dat die 1990-klas op 2 November ontmoet het en lekker gesels en gekuier het.
Die volgende dag is daar weer sosiaal verkeer met heerlike potjiekos gevolg deur karaoke asook 'n jazz-danskompetisie. Die groep het vroeër vanjaar in Maart ook 'n reünie gehou.
"Dis was lekker om weer te kon connect met my ou klasmaats en die vele herinneringe wat ons deel. Ek is baie trots op hierdie groep, want baie het bo hul omstandighede uitgestyg. Ons hoop om hierdie soort reünies 'n gereelde geleentheid te maak," het Stalmeester gesê.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'