OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen ‘n voormalige verpleegster van MediClinic Klein-Karoo in Oudtshoorn, wat van poging tot moord op ‘n 18-jarige meisie aangekla word, is verlede week in die Oudtshoorn-streekhof finaal tot 18 Augustus uitgestel omdat die getuies nie by die hof was nie.
Christina Johanna Boshoff (62) het glo op 25 Augustus 2021 ‘n saal in MediClinic binnegegaan en die vroulike pasiënt met ‘n skerp voorwerp in die been en gesig gesny.
Sy het op 30 Augustus 2021 vir die eerste keer in die hof verskyn en is toe op waarskuwing vrygelaat. Die saak is later van die hofrol verwyder, maar weer teruggeplaas.
Streeklanddros Daniel Boks het die saak finaal en as voorkeursaak tot 18 Augustus uitgestel.
Boshoff is uit op waarskuwing.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’