OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen 'n sakeman van Oudtshoorn wat teregstaan op verskeie aanklagte van verkragting, is Dinsdag in die Oudtshoorn-streekhof vir verhoor tot 26 Junie uitgestel.
Die verdagte se regsverteenwoordiger, Christo van der Bergh, het die hof om uitstel gevra omdat die man vir sake na China moet gaan. Hy het ook versoek dat sy paspoort vir die reis aan hom terugbesorg word.
Die staatsaanklaer, adv. Michelle Weyers, het nie die versoek teengestaan nie omdat die beskuldigde sedert sy eerste verskyning nog gereeld hof toe gekom het.
Hy is nog nie gevra om te pleit nie en is in September 2017 borgtog van R10 000 toegestaan.
'n 32-jarige vrou beweer dat sy tussen November 2014 en April 2016 vier keer deur die man in sy huis op Oudtshoorn verkrag is.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'