OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen drie mans van Oudtshoorn wat daarvan aangekla word dat hulle helder oordag by 'n woning in Baron van Reedestraat ingebreek en items van duisende rande gesteel het, is die week as gevolg van 'n vol hofprogram vir verdere getuienis in die Oudtshoorn-streekhof uitgestel.
Die drie verdagtes, Jonathan Ewerts, Reagan Michaels en Elton Barends, word aangekla van huisbraak en diefstal. Hulle het na bewering op 23 Januarie 2016 by die woning van Hugo de Wit ingebreek en onder andere 'n selfoon ter waarde van R7 000, sleutels van 'n Volkswagen Polo ter waarde van R3 000, 'n rekenaarskyf ter waarde van R1 500, R200 kontant en 'n knipmes ter waarde van R300 gesteel.
Al drie pleit onskuldig.
Volgens De Wit is die sleutels van sy voordeur waarskynlik deur 'n venster wat op 'n skrefie oop was verkry terwyl hy gelê en slaap het.
Die saak dien voor streeklanddros Retha Pretorius.
Die saak is tot 3 Augustus vir verdere verhoor uitgestel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'