TUINROETE | KAROO NUUS - Die saak teen 'n man van Hartenbos, wat teregstaan op ses aanklagte van verkragting en seksuele aanranding van twee minderjarige seuns, is verlede week in die Oudtshoorn-streekhof vir uitspraak uitgestel.
Die beskuldigde word daarvan aangekla dat hy tussen 2014 en 2019 die twee broers by verskeie geleenthede verkrag en seksueel aangerand het.
Volgens die kinders se ma het hulle lank stilgebly hieroor omdat hulle haar glo nie wou seermaak nie. Sy was erg geskok omdat sy hom vertrou het.
Die beskuldigde ontken die bewerings van die kinders en voer aan dat hy nie weet waarvan hulle praat nie.
Sy regsverteenwoordiger vra die hof om hom vry te spreek op al die aanklagte omdat geen getuienis voor die hof is om hom skuldig te bevind nie.
Die staatsaanklaer, Anzelle Laubscher, is egter van mening dat die beskuldigde sy weergawe aanpas en dit nie redelik moontlik waar is nie.
Die saak dien voor streeklanddros Sylvia Mandla en is vir uitspraak tot 1 Junie uitgestel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’