Video
DYSSELSDORP NUUS EN VIDEO - Twee opslaanhuise is gisteraand deur 'n rukwind in Dysselsdorp weggewaai. Ten minste sewe ander is beskadig.
Die tydelike huise van sink en hout is in Heynsview, 'n informele nedersetting by Dysselsdorp.
Munisipale amptenare is tans besig om materiaal en arbeid te reël om die strukture weer op te rig.
Intussen het inwoners voor die munisipale kantore in Dysselsdorp begin betoog. Dit is nog nie duidelik of die betoging met laasnag se windskade verband hou nie.
Kyk 'n video hieronder.
Munisipale amptenare is tans besig om materiaal en arbeid te reël om die strukture weer op te rig.
'Ons bring jou die nuutste Dysselsdorp, Klein Karoo nuus'