Die gedeelte van die pyp wat rou riool van die hele westelike gedeelte van Oudtshoorn na die rioolwerke vervoer, hang aan ‘n treinbrug waar dit oor die Grobbelaarsrivier loop.
Diewe wat yster stroop het sedert Maandag stelselmatig van die groot ystergespes en stutte wat die pyp vashou afgesaag en verwyder.
Sonder enige stutte het ‘n gedeelte van die pyp gistermiddag meegegee en die riool vloei vrylik in die riviersisteem in.
Die Grobbelaarsrivier mond in die Olifantsrivier uit wat plase met water bedien. Boere langs die Olifantsrivier tussen Oudtshoorn en Calitzdorp is in kennis gestel dat die rivier met rou riool - wat riool afkomstig uit die twee hospitale insluit - besoedel is.
Munispale werkers en kontrakteurs het vnaoggend twee toegangspaaie na die brug gemaak en is op die oomblik besig om die pyp te herstel. Dit is egter ‘n proses wat die hele dag kan duur.
Foto's: Hannes Visser
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn | Klein-Karoo nuus'