OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn Rotariërs het die afgelope twee weke hul jaarlikse Krismisboks-projek gehou en hulle het 822 geskenkbokse aan 18 skole uitgedeel.
Volgens Suné Rupping, voorsitter van die Rotariërs, het hulle twee groot kontant donasies van onderskeidelik R15 000 en R10 000 ontvang.
"Ons het 550 bokse geverf en gepak en 272 is gepak en opgemaak deur skole en inwoners van Oudtshoorn gemeenskap," het sy gesê.
Die boksies het elk 'n tandeborsel en tandepasta, waslap en sepie, inkleurboek en vetkryte, tennisbal (of soortgelyke bal) en 'n pakkie lekkers bevat.
"Ons het die projek begin om 'n verskil in 'n kind se lewe te maak en omdat Kersfees "the time of giving" is. Die reaksie van die kindertjies en opvoeders was oorweldigend positief en 'n ongelooflike dankbaarheid. Die verbasing en blydskap op 'n kind se gesig laat ons besef hoe bevoorreg ons is en om nie alles as vanselfsprekend te aanvaar nie."
Die reaksie van die kindertjies en opvoeders was oorweldigend positief.
822 geskenkbokse is aan 18 skole uitgedeel.
Die skole wat by die projek gebaat het was:
- APD Sonskynhoekie (Oudtshoorn),
- Siyaka,
- Siembamba-kleuterskool (Dysselsdorp,
- Angel Faces-kleuterskool (Dysselsdorp),
- Elim Blomnek,
- Poplap-kleuterskool (Dysselsdorp),
- Bongolethu Childcare Centre,
- Nomondo (Oudtshoorn),
- Babbels & Krabbels-kleuterskool (Oudtshoorn),
- Ikaya (Vredelust, Spieskamp),
- Kammaland en Eekhorinkies-kleuterskole (Langkloof - Jonita),
- Sonneblom (Oudtshoorn),
- Bridgton-crèche (Oudtshoorn),
- Katryntjie (Oudtshoorn),
- Klipdrift (Blossoms) en
- Elizani-kleuterskool (Oudtshoorn).
Die boksies het elk 'n tandeborsel en tandepasta, waslap en sepie, inkleurboek en vetkryte, tennisbal (of soortgelyke bal) en 'n pakkie lekkers bevat.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'