OUDTSHOORN NUUSFLITS - 'n Vliegveld by afgeleë plattelandse dorpe is 'n strategiese bate. Daarom moet Prins Albert syne behou en behoorlik in stand hou, soos dié by verskeie ander Wes-Kaapse dorpe.
So sê Andrew Gregory, lugambulansvlieënier van die Rooikruis-lugambulansdienste, Air Mercy Services (AMS), wat onlangs van Kaapstad na Prins Albert gevlieg het om 'n pasiënt van die plaaslike provinsiale hospitaal vir behandeling na Kaapstad te vervoer.
AMS werk in die Wes-Kaap, KwaZulu-Natal en Limpopo. Sy ander Wes-Kaapse basis is in Oudtshoorn vanwaar 'n helikopter diens doen.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'