OUDTSHOORN NUUS - Rooiberg Primêr, wat net sowat 15 km buite Oudtshoorn geleë is op die sementpad na Calitzdorp.
Hulle het Donderdagaand 10 Maart, vir die eerste keer 'n kroningsgeleentheid aangebied waartydens dié skool met sy 148 leerders 'n Mnr. en Mej. Rooiberg aangewys het.
Die personeel en plaaslike besighede het saamgespan en verskeie pryse vir die aand geskenk.
Marcia Booysen, gr. 3-leerder, is aangewys as Mej. Junior Rooiberg.
Jaylin Moses (gr. 2) was Mej. Fotogenies.
Jako Adoons (gr. R) is aangewys as Mnr. Junior Rooiberg.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'