OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen ‘n voormalige munisipale bestuurder van Oudtshoorn, wat teregstaan op tien aanklagte van bedrog is verlede Woensdag in die Oudtshoorn-streekhof vir pleit en verhoor tot 4 Maart 2024 nadat hy regshulp bekom het.
Ronnie Lottering, wat tans in Wellington woon, word daarvan aangekla dat hy die munisipale finansiële bestuurswet oortree het toe hy tussen Mei 2013 en April 2015, drie diensverskaffers, Imvusa Trading, Tremenders en Ihlati Communications aangestel het en aan wie miljoene rande betaal is.
Die staatsaanklaer, Willem Vister, het die hof meegedeel dat die polisie - ondersoek voltooi is, en met die verhoor begin kan word.
Die saak dien voor streeklanddros Ntsoki Moni, terwyl Eugene Roos van die Regshulpraad aangewys is om vir Lottering te verskyn. Hy is op waarskuwing.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’