OUDTSHOORN NUUSFLITS - Die Oudtshoorn brandweer is tans besig om ‘n brand in die Olifantsrivier te monitor.
Die brand het laasnag in die omgewing van Bakenskraal tussen riete in die rivierloop uitgebreek.
Dié vuur hou nie verband met die vuur wat gisteraand ‘n gedeelte van die skietbaan by die polisie-akademie vernietig het nie.
Sover vasgestel kan word bedreig die vuur in Bakenskraal nog geen eiendom nie.
Lees 'n verwante artikel hier: Opvolg: brand by skietbaan
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'